NewsNews

Pa vermoor glo sy eie kind

ʼn Man is gister naby Zeerust in hegtenis geneem nadat hy glo sy 4 maande oue baba so erg aangerand het dat die kind aan sy beserings beswyk het.

ʼn Man is gister naby Zeerust in hegtenis geneem nadat hy glo sy 4 maande oue baba so erg aangerand het dat die kind aan sy beserings beswyk het.

Volgens Kol. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder, is die polisie asook nooddienste gisteroggend omstreeks 05:00 na ʼn toneel geroep op ʼn klagte dat ʼn pa sy baba aangerand het.

Nadat daar met die ma van die kind kontak gemaak is, het sy glo aan polisie verduidelik dat sy en haar kêrel (die pa van die kind) Saterdagaand (4 November) ʼn onderonsie gehad het. Volgens die ma het sy die kind daar gelos en gevlug om hulp te gaan soek.

Met haar terugkoms Saterdagaand het sy gesien dat daar  kneusplekke op die baba se gesig is. Die pa het glo gisteroggend weer die baba aangerand waarna die nooddienste ontbied is. Ongelukkig is die baba dood op die toneel verklaar.

Lt. Gen. Baile Motswenyane, provinsiale kommissaris het die voorval betreur.

“Dit is ontstellend dat ‘n kind deur sy eie pa vermoor is wat hom moes beskerm,” het sy gesê  Sy het lede van die gemeenskap gemaan om hul verskille op ‘n vreedsame wyse op te los eerder as om geweld te gebruik.

Die Pa sal na verwagting Vrydag (10 November) in die Lehurutshelandroshof verskyn op aanklag van moord.

CSS, Crime ad

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button