NewsNews

Vuurwerke – hou jou troeteldiere veilig vanaand

Vanaand, 31 Desember, sal daar boetes opgelewer word aan mense wat onwettige vuurwerk-vertonings hou. Mense wat gebruik maak van vuurwerke, en die verkoop van vuurwerke sonder ‘n geldige permit, kan boetes van tussen R500 en R1500 kry. Dit is belangrik dat Potchefstromers weet wat om te doen en nie te doen nie wanneer daar gebruik …

Vanaand, 31 Desember, sal daar boetes opgelewer word aan mense wat onwettige vuurwerk-vertonings hou. Mense wat gebruik maak van vuurwerke, en die verkoop van vuurwerke sonder ‘n geldige permit, kan boetes van tussen R500 en R1500 kry.

Dit is belangrik dat Potchefstromers weet wat om te doen en nie te doen nie wanneer daar gebruik gemaak word van vuurwerke en ook hoe om troeteldiere te beskerm in hierdie tyd.

● Geen persoon mag vuurwerke skiet waar troeteldiere in die omtrek is nie.

● Kinders onder 16 mag nie met vuurwerke werk nie.

● Vuurwerke mag nie geskiet word op enige landbou hoewes, skool of ouetehuis-gronde sonder die nodige toestemming van die stadsraad nie.

● Vuurwerke mag nie binne 500 meter van enige vulstasie geskiet word nie.

● Vuurwerk-vertonings met groter vuurwerke mag slegs gehou word met spesiale toestemming van die stadsraad.

● Slegs besighede of persone wat ‘n geldige vuurwerk lisensie het, mag vuurwerke verkoop.

Hou jou troeteldiere veilig

Elke jaar word troeteldiere beseer en vermis weens vuurwerke in Potchefstroom. Dit is belangrik dat inwoners hul troeteldiere so veilig hou tydens die nuwejaar:

● Hou jou troeteldiere binne die huis.

● Maak alle vensters en gordyne toe om die klank uit te hou.

● Maak seker jou troeteldier het ‘n bandjie of ‘n mikroskyfie met die eienaars se besonderhede daarop indien die troeteldier uit die erf uit kom.

● As die troeteldier in skok gaan weens die vuurwerke, bind ‘n lap band om die dier soos in die onderstaande prent. Dit help om die troeteldier kalm te hou.

● Speel rustige musiek in die vertrek waar jou troeteldier gehou word.

● Gee vir jou troeteldier ‘n speelding of iets om aan te kou.

PAWS en ‘n span van sowat 40 vrywilligers gaan vanaand tussen 23:00 en na 00:00 die strate in Potchefstroom patrolleer om enige troeteldiere wat uit erwe gekom het of beseer is te help.

Enige vrywilligers wat wil help kan 22:00 by PAWS in 2 Viljoenstraat bymekaar kom. Bring die volgende items saam indien moontlik:

● Flits

● Tuin handskoene

● Leibande

● Waterbottels (een vir jouself en een vir die troeteldiere)

● ‘n Pakkie peuselhappies om te gebruik om bang honde of katte nader te lok

● Plastiese bakkie om water of kos vir troeteldiere te gee

● Jou selfoon met lugtyd indien jy iemand nodig het om te help met ‘n beseerde troeteldier

● As jy visnet het, bring dit saam

● Staal saag of “bolt cutter” (een in elke groep)

● ‘n Tang

● ‘n “muzzle” as jy een het

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button