NewsNews
Bruno die hond vra gemeenskap se hulp
‘n Gesin van Potchefstroom vra die gemeenskap se hulp om hul hond Bruno ‘n kans te gee om weer te kan loop. Bruno is verlede Woensdag (3 Januarie) deur ‘n motor raakgery en haar agterbeen is ernstig beseer. Bruno se been sal geopereer moet word, maar die gesin kan nie die veeartskostes van sowat R4 …
‘n Gesin van Potchefstroom vra die gemeenskap se hulp om hul hond Bruno ‘n kans te gee om weer te kan loop.
Bruno is verlede Woensdag (3 Januarie) deur ‘n motor raakgery en haar agterbeen is ernstig beseer. Bruno se been sal geopereer moet word, maar die gesin kan nie die veeartskostes van sowat R4 000 bekostig nie.
Intussen is Bruno by PAWS waar haar wonde behandel word, maar sy sal teen vrydag die operasie moet kry as haar been gered gaan word.
Fondse kan in PAWS se insamelingsrekening betaal word met BRUNO as verwysing.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



