NewsNews

Gru-ongeluk eis kleuters

Ses mense, waaronder twee kinders van ongeveer drie en vier jaar oud, is gisteraand (10 Januarie) net voor middernag dood nadat die voertuig waarin hulle gery het met 'n bakkie reg van voor gebots het.

Ses mense, waaronder twee kinders van ongeveer drie en vier jaar oud, is gisteraand  (10 Januarie) net voor middernag dood nadat die voertuig waarin hulle gery het met ‘n bakkie reg van voor gebots het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het die ongeluk ongeveer 15km buite Potchefstroom op die N12, in die rigting van Johannesburg plaasgevind. Met paramedici se aankoms het hulle beide voertuie in die middel van die pad aangetref.

Ses mense is in die een voertuig gevind terwyl daar drie mans in die bakkie was. Drie mans, ‘n vrou en twee kinders is dood op die toneel verklaar. Een vrou was in ‘n kritieke toestand per helikopter na ‘n hospitaal in Randfontein geneem vir verdere behandeling.

Die twee ander mans wat in die bakkie gevind is, het matige beserings opgedoen waarna hulle na Potchefstroom hospitaal geneem is.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button