NewsNews

Vrou in woonstel vermoor

Die lyk van ’n 43-jarige vrou is Woensdagaand omstreeks 21:00 in ’n woonstel in Luitinghstraat gevind.

Die lyk van ’n 43-jarige vrou is Woensdagaand omstreeks 21:00 in ’n woonstel in Luitinghstraat gevind.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die polisie op die toneel gekom waar hulle die vrou op die bed gevind het.
“Sy het in ‘n plas bloed op haar maag gelê,” het Chaka gesê.
’n Messteekwond is aan haar nek en regterhand gevind. Volgens hom word ’n saak van moord ondersoek, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die slagoffer is intussen as Segametsi “Granny” Mokwatsi geïdentifiseer. Die Herald kon teen druktyd nog nie familielede van die oorledene opspoor nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button