NewsNews

Potch maak harte oop vir die Kaap

Met die huidige waterkrisis, gaan Potchefstromers se harte uit na die mense in die Kaap. Verskeie Potchefstromers het besluit om deel te word van ’n projek om 12 000 bottels water aan mense in die Kaap te skenk en vra besighede en individue om ook hiermee te help. Die projek is die breinbaba van Talita …

Met die huidige waterkrisis, gaan Potchefstromers se harte uit na die mense in die Kaap.
Verskeie Potchefstromers het besluit om deel te word van ’n projek om 12 000 bottels water aan mense in die Kaap te skenk en vra besighede en individue om ook hiermee te help.
Die projek is die breinbaba van Talita van der Heever van Oos-Londen. Meer inligting daaroor is op Facebook onder die naam Talita Cumi Outreach beskikbaar.

Ansie Johnsen, Delmari van Zyl, Cindy Purén, Adri Strauss en Cindy Colyn is van die gesigte agter die projek vir water vir die Kaap. Foto: Maryke van Heerden

Afsetpunte vir skenkings is by die Snowflake Mark van 2 Februarie, gemerkte plekke by Mooirivier Mall en West Acres, Aardklopkantore (Molenstraat 69), Miederpark Spar, Obaro, Overland bottlestoor Waterberry, Overland bottelstoor Akker en Overland bottelstoor Potch.
Geldelike skenkings kan ook gemaak word by Absolutely Water wat dan 5 liter waterbottels daarmee vir die projek sal verskaf.
Die projek duur van 2 tot 17 Februarie, waarna Talita se span die water Kaap toe sal neem. Vir nadere besonderhede kan Ansie Johnsen by 082 876 0642 gekontak word.
Enige grootte bottels word ingesamel, maar vir logistieke redes word 5-liter bottels verkies.
Die bottels moet gemerk wees: Drinkwater (water vir menslike gebruik moet geseël wees), boorgat-, reën- of kraanwater.

Besoek graag die waterprojek se Facebook blad vir meer besonderhede:

https://www.facebook.com/WES-KAAP-WATER-Projek-Potchefstroom-2280111498681430/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button