All Things Adventure bied groot avontuur op 3 en 4 Maart
Die tyd het aangebreek! All Things Adventure vind komende naweek 3 en 4 Maart by Stonehenge naby Parys plaas. Dis ’n naweek vol avontuur-aktiwiteite en talle uitstallers maak vanjaar deel uit van dié buitelug geleentheid. Hekke open 08:00. Toegang is R60, vir kinders 8-16 en pensionarisse R30 en kinders onder 8 gratis. Aktiwiteite sluit in …
Die tyd het aangebreek! All Things Adventure vind komende naweek 3 en 4 Maart by Stonehenge naby Parys plaas.
Dis ’n naweek vol avontuur-aktiwiteite en talle uitstallers maak vanjaar deel uit van dié buitelug geleentheid.
Hekke open 08:00. Toegang is R60, vir kinders 8-16 en pensionarisse R30 en kinders onder 8 gratis.
Aktiwiteite sluit in ‘n avontuur motorfietskompetisie, ’n 4×4 vaardigheidsbaan, ’n alle ouderdomme “mud race”, witwaterroei, boogskiet, abseil, vlieghengel, ‘n kompetisie vir motor-bestuursvernuf (blinddoek ry en waentjie tru-stoot). Enige iemand kan inskryf om deel te neem en dit is vir die toeskouers ook groot pret.

Van die uitstallers bied ook hul eie aktiwiteite aan. Daar is genoeg speelplek vir kinders.
Eienaars van 4×4 voertuie kan hul voertuie en vaardighede kom toets op ’n baan wat deur ’n professionele 4×4-ryer uitgelê is.
Deskundiges is teenwoordig om raad en hulp te gee en die baan is veilig om te ry vir sowel voertuig as bestuurder.
Op die motorfietsbaan is daar Saterdag ’n avontuur-motorfiets- en ’n vaardigheidskompetisie en Sondag ‘n Koepel-uitrit.
Talle ondernemings stal hul produkte uit, onder meer al die bekende motorvervaardigers.
Lede van die Protea vlieghengelspan, wat eersdaags in Noord-Ierland gaan deelneem, is daar om raad te gee.
Die kosstalletjies en ’n biertuin gaan sorg vir die honger en dors en die musiekverhoog sorg vir ’n verskeidenheid kunstenaars en musiek tot laat.
Nog uitstalruimte is beskikbaar. Dit is die perfekte geleentheid om nuwe en bestaande produkte in avontuur en buitelewe te sien of bekend te stel.
Skakel Antoinette Badenhorst bedags by (018) 293 0750 vir uitstalruimte of e-pos haar na antoinette.badenhorst@mooivaalmedia.co.za
Hoe om daar te kom: Koördinate: S26 54.150 E27 23.868 of gebruik Google Maps: Stonehenge in Africa.
Aktiwiteite en wie om te skakel vir meer inligting:
*4×4 vaardighede 3 en 4 Maart:
Jacques – 083 797 6820
*Avontuur-motorfietskompetisie 3 Maart: 07:00 – 18:00
*Koepelrit 4 Maart: 07:30
Tertius 082 575 3441
*Witwaterroei: 3 en 4 Maart: 10:00 en 14:00
Juan – 082 850 4924
*Abseil 3 en 4 Maart: 10:00, 12:00 en 14:00
Tiaan – 082 924 3941
*“Mud Race” 3 en 4 Maart: 10:00 – 13:00, registrasie 09:00
3 Maart – kinders tot 17 jaar: R50
4 Maart – volwassenes: R200, Willem 073 898 3241
*Boogskietkompetisie
Leon 083 752 2141
*Motorbestuursvernuf in arena 3 en 4 Maart:
10:00 – Blinddoek-bestuur
12:00 – Waentjie terugstoot, registreer by arena.
*Vlieghengel-demonstrasie 3 en 4 Maart:
Rentia – 082 570 3608.
*Speelplek vir kinders



