Christiaan Burke wen Potch Ope
Die Buiteklub het hulle jaarlikse Ope-gholfdag op Sondag 18 Februarie aangebied. Dit is geborg deur Keyhealth en 78 spelers het deelgeneem. Twee spelers het gesamentlik eerste geëindig en, in ‘n opwindende uitspeelstryd, het Christiaan Burke vir Christo Peens op die eerste uitspeelputjie geklop om as die Ope-kampioen aangewys te word. * Die ander wenners was: …
Die Buiteklub het hulle jaarlikse Ope-gholfdag op Sondag 18 Februarie aangebied. Dit is geborg deur Keyhealth en 78 spelers het deelgeneem.
Twee spelers het gesamentlik eerste geëindig en, in ‘n opwindende uitspeelstryd, het Christiaan Burke vir Christo Peens op die eerste uitspeelputjie geklop om as die Ope-kampioen aangewys te word.
* Die ander wenners was:
Naaste aan pen 2 – Christiaan Burke
Naaste aan pen 4 – Jaco Grobbelaar
Naaste aan pen 15 – Danie Janse van Vuuren
Naaste aan pen 17 – Gareth Petler
* Gross uitslae:
1e – Christiaan Burke – 136
2e – Christo Peens – 136
3e – Wade Jacobs – 138
4e – Riaan Swart – 142
5e – Herman Anderson – 142
* Nett uitslae:
1e – Jonathan Krugel – 136
2e – Andre van Dyk – 139
3e – Patrick Sefodi – 139
4e – Rikus Vermooten – 140
* Senior Gross:
1ste – Jan Greyling – 145
2de – Joe Wood – 151
* Senior Nett:
1ste – Hennie Kruger – 136
2de – Johan Mostert – 141
* Afgesien van die Ope-kompetisie, is verskeie ander kompetisies ook die afgelope week aangebied en die uitslae lyk so:
* Op Woensdag, 14 Februarie het die klub ‘n Medal-kompetisie aangebied. Die wenners was:
1e – Warren Powel met ‘n netto telling van 70
2e – Juan Combrinck met ‘n netto telling van 71
3e – Simon Pretorius met ‘n netto telling van 71
* Vrydag 16 Februarie se nege putjie Vleis-kompetisie (IPS) is gewen deur:
1e – Andre Colangelo met 20 punte
2e – Manie Smit met 20 punte
3e – Naas Lategan met 20 punte
* Saterdag 17 Februarie het Klaas Wyma Makelaars die IPS-kompetisie geborg. Die uitslae was soos volg:
1e – Jaco Kruger met 44 punte
2e – Steven Jacobs met 39 punte
3e – Hennie Kruger met 38 punte





