NewsNews

Gemeenskap staan saam teen misdaad

Sommige lede van die gemeenskap in Potchefstroom het besluit om saam te staan teen misdaad.

Sommige lede van die gemeenskap in Potchefstroom het besluit om saam te staan teen misdaad.
Die stad is die afgelope paar maande deur die sogenaamde “voordeurbende” geteister. Onder leiding van die Gemeenskap Polisiëringsforum (GPF) is daar besluit om “Operation Sunday Watch” van stapel te stuur waarby ongeveer 140 voertuie en 250 mense betrokke was. Dié operasie het die afgelope twee Sondae plaasgevind.
Volgens Malan le Roux, GPF voorsitter, was dit in meer as een opsig suksesvol. “Verdagte voertuie is geïdentifiseer, verdagte aktiwiteite is aangemeld, arrestasies is gemaak en meer belangrik, die gemeenskap het weerstand gebied. Tydens albei Sondae is daar geen misdaad in die vorm van huisbraak, diefstal van voertuie of enige ander misdaad in die spesifieke gebiede aangemeld nie, en ek wil selfs so ver gaan om te sê daar is geen ernstige misdaad vir die tyd van die operasie in die stad aangemeld nie”, het hy gesê.
Le Roux het die samewerking tussen die polisie, verkeersdepartement, Mooirivier Beskerming en AfriForum geprys.
Hy sê ‘n spesiale dankie moet gaan aan elke lid van die gemeenskap wat ‘n paar ure van hulle Sondag opgeoffer het. Dit is ‘n voorbeeld hoe die gemeenskap ‘n verskil wil en kan maak.
Volgens Le Roux was dit slegs die begin en word daar vir naweke op spesifieke tye opvolgoperasies beplan.
Inwoners wat betrokke wil raak, kan die buurtwagvoorsitter of Le Roux by 071 609 5167 of Jan de la Hunt by 083 321 6350 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button