NewsNews

Student beseer tydens rooftog

‘n Tweedejaar onderwysstudent is verlede Maandag, 19 Februarie omstreeks 17:30 in Dwarsstraat beroof en aangeval. Volgens Albie Botha (22) was hy van sy vriend se huis af op pad huis toe, waarna ’n onbekende man sy selfoon uit sy sak gegryp het. Die man het hom daarna herhaaldelik met ’n skerp voorwerp begin steek. Botha …

‘n Tweedejaar onderwysstudent is verlede Maandag, 19 Februarie omstreeks 17:30 in Dwarsstraat beroof en aangeval.
Volgens Albie Botha (22) was hy van sy vriend se huis af op pad huis toe, waarna ’n onbekende man sy selfoon uit sy sak gegryp het. Die man het hom daarna herhaaldelik met ’n skerp voorwerp begin steek.


Botha is kort daarna hospitaal toe geneem om sy wonde te laat behandel. Met sy terugkeer van die hospitaal af, omstreeks 21:30, het sy huismaat hom ingelig dat daar sowat 15 minute gelede ’n polisiebeampte by die huis was. “Die polisiebeampte het blykbaar gestop, gevra of daar ’n probleem is en toe gesê as ek ’n saak wil aanmeld, moet ek polisiestasie toe gaan. “Ek het gedink dit gaan niks help nie, die aanvaller is lankal weg en dit het die polisie drie ure geneem om by die toneel te kom. Ek het glad nie vertroue in die polisie nie,” het Botha gesê. Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, is dit baie belangrik dat alle relevante inligting in so ‘n situasie deur die polisie verkry word.


“Dit is moeilik vir ons om iets op te volg as daar geen saak aangemeld word nie. Wanneer ’n saak aangemeld word, het die polisie die klaer se besonderhede waarna ons in kontak met die persoon kan kom mits daar klagtes oor die polisie se optrede is. In dié geval weet ons niks nie. Die persoon kan by die kommunikasie-kantoor kom aanklop waar ons hom sal help,” het Manyoba gesê.
Sy versoek inwoners dat as daar klagtes oor polisieoptredes is, alle moontlike inligting oor die beampte waaroor gekla word soos sy naam en rang bekom moet word sodat ondersoek ingestel kan word.
“Jy dink dat so iets nooit met jou sal gebeur nie, maar ek is nou baie meer versigtig. Ek loop nie meer sommer alleen nie en ek voel ook of ek heeltyd oor my skouer moet kyk,” het Botha gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button