NewsNews

Gr. 1-wenners word bederf

Die drie gelukkige Gr. 1-wenners is van kop tot toon bederf met lekker pryse. Dit was alles te danke aan die Herald se borge. Adele Eloff, algehele wenner van vanjaar se Gr.1-kompetisie, het ’n bederfpakkie van Cross Roads, asook ietsie van alles wat nodig is vir die skool, geborg deur Spar Bailliepark, ontvang. Sy het …

Die drie gelukkige Gr. 1-wenners is van kop tot toon bederf met lekker pryse. Dit was alles te danke aan die Herald se borge.

Hier ontvang Adele Eloff haar pryse by Cindy Colyn (advertensie verteenwordiger).

Adele Eloff, algehele wenner van vanjaar se Gr.1-kompetisie, het ’n bederfpakkie van Cross Roads, asook ietsie van alles wat nodig is vir die skool, geborg deur Spar Bailliepark, ontvang. Sy het ook ‘n eetbewys van R400 van Stadium Food Court ontvang, asook R1 000 kontant van Seeff eiendomme. Sy is ook die gelukkige graad een wie se skoolfonds deur Potch Herald vereffen word. Janu de Beer en Larumay Bronkhorst, onderskeidelik tweede en derde, het albei bederfpakkies van Cross Roads en Spar Bailliepark ontvang.

Baie dankie aan ons borge:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button