
Die lyk van ‘n 78 jarige vrou is Maandag (19 Maart) omstreeks 13:00 in haar huis in Orkney gevind. Die polisie is tans besig om die moord en beweerde verkragting te ondersoek.
Maroela media berig dat die vrou se kinders en kleinkinders begin onraad vermoed het, nadat hulle haar nie op haar selfoon of die landlyn in die hande kon kry nie.
Volgens ao Elize Kruger, polisiewoordvoerder in Orkney, het bure na die vrou se huis gegaan waar hulle gesien het dat die voordeur oop is. Nadat hulle ondersoek in gestel het, het hulle die vrou se liggaam in die stort aangetref het.
Sy was met skoenveters vasgebind en is na bewering verwurg. Alhoewel ‘n geregtelikedoodsondersoek die oorsaak van haar dood nog moet bepaal.
Intussen is ʼn taakspan aangewys om die saak te ondersoek. ʼn Volskaalse soektog is van stapel gestuur om die verdagte of verdagtes te vind.
Die polisie ondersoek ‘n saak van moord, huisroof en verkragting. Nog niemand is in hegtenis geneem in verband met die misdaad nie.




