NewsNews

Ongeveer tien gevalle van Duitse Masels by die PUK bevestig

Die NWU se adjunk-visekanselier, prof. Fika Janse van Rensburg het Vrydag in ‘n verklaring gesê dat daar verlede week ongeveer tien laboratorium-bevestigte gevalle van Duitse Masels op die PUK kampus was. “Ons gesondheidsdienste was in kontak met prof. Lucille Blumberg van die Nasionale Instituut vir Aansteeklike Siektes (NICD), en daar is konsensus dat hierdie voorkomste …

Die NWU se adjunk-visekanselier, prof. Fika Janse van Rensburg het Vrydag in ‘n verklaring gesê dat daar verlede week ongeveer tien laboratorium-bevestigte gevalle van Duitse Masels op die PUK kampus was.

“Ons gesondheidsdienste was in kontak met prof. Lucille Blumberg van die Nasionale Instituut vir Aansteeklike Siektes (NICD), en daar is konsensus dat hierdie voorkomste van Duitse Masels nie ‘n wesenlike gevaar inhou wat noodsaak dat die kampus sluit nie,” sê hy.

Volgens die verklaring begin Duitse Masels gewoonlik soos ‘n verkoue (en is reeds dan aansteeklik), en na vyf dae is daar ‘n vel-uitslag wat tipies by die kop begin en dan oor die romp en ledemate versprei. Studente wat hiermee deur middel van bloedtoetse positief gediagnoseer word, moet vir ongeveer 7-10 dae geïsoleer word en liefs huis toe gaan indien moontlik.

“Studente en personeel word opnuut aangemoedig om hulle teen Duitse Masels te laat inent (MMR-entstof), ‘n inenting wat vir volwassenes ten minste elke tien jaar herhaal moet word.”

“Weet vir seker dat ons enige verwikkeling in hierdie verband onmiddellik sal kommunikeer,” sê hy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button