NewsNews

Motordiefstal wek kommer by Varsitybekerwedstryde

Twee motors wat by die vorige Varsitybeter-wedstryde in Molenstraat gesteel is wek kommer dat motordiewe sulke geleenthede teiken om motors te steel. Die NWU vra almal se samewerking, en op versoek van die SAPD, om sover moontlik binne die Fanie du Toit-sportterrein vanaand te parkeer. Volgens die SAPD is twee Volkswagen Polo’s in Molenstraat gesteel …

Twee motors wat by die vorige Varsitybeter-wedstryde in Molenstraat gesteel is wek kommer dat motordiewe sulke geleenthede teiken om motors te steel.

Die NWU vra almal se samewerking, en op versoek van die SAPD, om sover moontlik binne die Fanie du Toit-sportterrein vanaand te parkeer.

Volgens die SAPD is twee Volkswagen Polo’s in Molenstraat gesteel en dit wil voorkom dat motordiefstal op Maandagaande aan die toeneem is. Daar is nie sekuriteitspersoneel buite die hekke van die Fanie du Toit wat voertuie oppas nie.

Beskermingsdienste het verseker dat die ingang in Loopstraat en die Joolingang (Komposhek) oop sal wees vir in- en uitgaande voertuie. Die netbalhek in Van Rooystraat sal oop wees slegs vir uitgaande verkeer na afloop van die hoofwedstryd wat om 19:00 begin.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button