SportSport

NWU-swem spog met twee Suid-Afrikaanse kampioene

Twee NWU-swemmers, Nadia Blaauw en Abie van Oort, is tydens die SA Nasionale oopwater-swemkampioenskappe wat op 3 en 4 Maart by Marina Martinique digby Jeffreysbaai gehou is, as die Suid-Afrikaanse kampioene in hul onderskeie items aangewys. Swemmers van die NWU wat Noordwes verteenwoordig het, is Nadia Blaauw (3km en 5km), Licinda Kleynhans (3km), Danielle Luyt …

Twee NWU-swemmers, Nadia Blaauw en Abie van Oort, is tydens die SA Nasionale oopwater-swemkampioenskappe wat op 3 en 4 Maart by Marina Martinique digby Jeffreysbaai gehou is, as die Suid-Afrikaanse kampioene in hul onderskeie items aangewys.

Swemmers van die NWU wat Noordwes verteenwoordig het, is Nadia Blaauw (3km en 5km), Licinda Kleynhans (3km), Danielle Luyt (3km), Francois Snyman (3km), Abie van Oort (3km) en Reino von Wielligh (5km en 10km).

Die NWU-swemkampioen, Nadia Blaauw, het die goue medalje vir die 3 km (19-30 jaar) met ’n skitterende swemvertoning losgeswem. Sy het ook aan die 5km deelgeneem en uitstekend gevaar.

Abie van Oort het ’n goue medalje vir die 3 km (30-40 jaar) verower en water in die oë van sy teenstanders geskop.

Reino von Wielligh, ’n ervare oopwater-swemmer, het baie goed gevaar en was onder die eerste 10 swemmers wat aan die 10km en onder die eerste 20 swemmers wat aan die 5km deelgeneem het.
Francois Snyman het uitstekend geswem en onder die top vyf van die 3 km item geëindig.
Beginner NWU-oopwater-swemmers, Danielle Luyt (sesde plek in die 3km) en Licinda Kleynhans (sewende plek in die 3km), het volgens NWU-swem se afrigter, Marike van Oort, reeds tydens hulle eerste oopwater-swemkampioenskappe gewys dat hulle in die toekoms kan presteer.

Nadia Blaauw
Nadia Blaauw

 

Abie van Oort
Abie van Oort

Mall

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button