NewsNews

Vrou in Tarentaalstraat beroof

'n Vrou is Sondag (1 April) omstreeks 09:45 in Tarentaalstraat beroof terwyl sy met haar hond gaan stap het.

‘n Vrou is Sondag (1 April) omstreeks 09:45 in Tarentaalstraat beroof terwyl sy met haar hond gaan stap het.

Lizelle Uys wat in die buurt woon, is op pad huis toe deur ‘n Wit polo voorgekeer.

“Hulle het verby my gery en dwars in die straat gaan stop dit was vir my nogal vreemd gewees. Ek het dadelik die maak en kleur van die voertuig gekyk,” vertel sy.

Die voertuig het omgedraai om terug in haar rigting te ry.

“Hulle het langs my gestop waarna een van hulle begin skree het dat hulle my sak wil hê. ‘n Ander man het uit geklim waar hy een of ander wapen op my gerig het,” vertel sy.

Volgens haar kon sy nie sien of dit ‘n vuurwapen was nie, maar dit het gelyk of dit die loop van ‘n geweer kon wees.

“Daar het net ‘n klein stukkie onder sy baadjie uitgesteek,” vertel sy.

Uys het haar rugsak wat sy by haar gehad het oorhandig waarna die verdagtes gevulg het.

“Daar was nie so baie in die sak nie, ek dink hulle het dalk ‘n maklike geleentheid gesien,” sê sy.

Uys het na die voorval na haar bure toe gestap sodat sy haar man kon bel.

“Mooirivier sowel as die polisie is ontbied en hulle het vir my baie goeie ondersteuning gegee. Dit was maar ‘n skok maar ek gister (3April) weer gaan stap so dit raak beter,” sê sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button