NewsNews

Gholfdag laat PAWS sterte swaai

PAWS (Potchefstroom Animal Welfare Society) het die afgelope Vrydag (6 April) hul tweede jaarlikse gholfdag gehou. Die doel van die gholfdag was om fondse vir PAWS in te samel. Met die winter wat nou nader kruip, het PAWS ’n groot nood aan komberse, bedjies en kos. Dit was ’n dag-nag “better ball” gholfdag wat by …

PAWS (Potchefstroom Animal Welfare Society) het die afgelope Vrydag (6 April) hul tweede jaarlikse gholfdag gehou.

Die doel van die gholfdag was om fondse vir PAWS in te samel. Met die winter wat nou nader kruip, het PAWS ’n groot nood aan komberse, bedjies en kos.

Dit was ’n dag-nag “better ball” gholfdag wat by die Landboukollege se gholfbaan gespeel is.
Spanne van verskillende besighede in Potchefstroom het hul ondersteuning vir PAWS gewys deur in te skryf. 52 spelers het die dag hul gholfvaardighede op die baan gewys.

Texas Saloon, Puk Sports Village en Daisy Business Solutions het watergate op die baan gehad om seker te maak die spelers se kele bly nat.

Christa Galli het ook ’n heerlike ete vir al die gaste voorgesit. Daar is ook tonne pryse geborg deur verskeie besighede in Potchefstroom.

PAWS bestuurder Herman van der Sluis sê dat die gholfdag ’n groot sukses was, hoewel hy seker is dit gaan in die toekoms nog groter word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button