NewsNews

Potch Dienssentrum bied Sangfees 2018 aan

Die Potchefstroom Dienssentrum vir bejaardes hou hulle vierde Sangfees op Donderdag 19 April. Goeie musiek, uitstekende kunstenaars en gekultiveerde geselskap is wat gaste op die heerlike aand kan verwag. Die Sangfees begin om 18:00 by die NG Kerk Miederpark in Potchefstroom in Aarbeilaan 22. Die doel van die fees is om verskillende generasies (oud en …

Die Potchefstroom Dienssentrum vir bejaardes hou hulle vierde Sangfees op Donderdag 19 April.

Goeie musiek, uitstekende kunstenaars en gekultiveerde geselskap is wat gaste op die heerlike aand kan verwag. Die Sangfees begin om 18:00 by die NG Kerk Miederpark in Potchefstroom in Aarbeilaan 22.

Die doel van die fees is om verskillende generasies (oud en jonk) te betrek in hierdie tradisieryke sangfees wat deel uitmaak van ons kultuur. Optredes deur die Noordwes Jeugkoor, Veritas-Sêrgroep, Mooirivier Sanggroep, Johan Schlebusch en Dewald Grobler sal seker maak vir ’n aand van pret en plesier. Toegang is R30 en kaartjies kan by die Dienssentrum of die aand by die deure gekoop word.

Verversings sal vanaf 17:30 te koop wees. Die Dienssentrum nooi almal na hierdie onvergeetlike sangfees. Vir enige navrae kontak Tanita by (018) 293 0678 of stuur ’n e-pos aan sosiaal@dienssentrum.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button