Kom wees deel van die pret by Agri Potch se Boeresportdag
Agri Potchefstroom hou op Saterdag 21 April hul jaarlikse Boeresportdag ten bate van die Potchefstroom Dienssentrum vir bejaardes en die Boerevereniging. Die dag beloof hope pret en plesier met allerlei boeresportaktiwiteite soos sakspring, eiergooi en nog vele meer. Daar gaan ook ’n veiling en ’n heerlike ete wees. Die Boeresportdag vind plaas by Manzini Game …

Agri Potchefstroom hou op Saterdag 21 April hul jaarlikse Boeresportdag ten bate van die Potchefstroom Dienssentrum vir bejaardes en die Boerevereniging.
Die dag beloof hope pret en plesier met allerlei boeresportaktiwiteite soos sakspring, eiergooi en nog vele meer. Daar gaan ook ’n veiling en ’n heerlike ete wees.
Die Boeresportdag vind plaas by Manzini Game Farm (Rietfontein-area) in Potchefstroom en kaartjies kan teen R150 by Obaro gekoop word. Kinders onder 12 kan die dag egter gratis bywoon.
Daar sal ook ’n kontantkroeg beskikbaar wees waar almal lekker saam kan kuier en gratis Laser Tag vir die kinders. Vir enige navrae skakel Elbé Visagie by 082 555 5766.































