NewsNews

Onderwyser vas oor beweerde seksuele misdryf

’n Laerskoolonderwyser is in hegtenis geneem wat daarvan aangekla word dat hy ’n minderjarige seun seksueel aangerand het.

’n Laerskoolonderwyser is in hegtenis geneem wat daarvan aangekla word dat hy ’n minderjarige seun seksueel aangerand het.
Die onderwyser is op 15 Maart in hegtenis geneem. Dit spruit uit ’n voorval op 18 Februarie waar die onderwyser glo ’n 14-jarige seun, wat nie in die laerskool is waar hy werk nie, by sy huis betas het.


Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was die twee 14-jarige seuns, wat nie in dié laerskool is nie, saam met die onderwyser êrens heen.
Met hulle terugkeer het hy een van die seuns by die huis gaan aflaai, waarna hy die ander een na sy eie huis genooi het.
“Die seun was eers huiwerig, maar is later deur die man omgepraat. Die man het die badkamer gebruik, waarna hy slaapkamer toe is. Hy het toe die seun na die slaapkamer geroep, sy klere uitgetrek en aan die seun begin vat, waarna hy die seun gevra het om aan hom ook te vat,” het Manyoba gesê.
Volgens haar het die seun ongemaklik gevoel en ’n saak is later by die polisie aangemeld.
Die onderwyser het in die hof verskyn en die saak is tot 17 April uitgestel. Hy is op R1000 borgtog vrygelaat. Die naam van die onderwyser is bekend aan die Herald. Omdat hy van ’n seksuele misdryf aangekla word moet hy eers kans gegun word om te pleit voordat sy identiteit bekend gemaak mag word mits dit nie die slagoffer se identiteit bekend maak nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button