
’n Gru-ongeluk wat Sondagmiddag 8 April omstreeks 16:00 verkeer op die N12 tussen Klerksdorp en Potchefstroom tot stilstand gebring het, het die lewe van twee mense geëis.

Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was die brandweer en paramedici reeds op die toneel toe die polisie daar aangekom het.
Geen ander voertuie was by die ongeluk betrokke nie. Dit blyk dat die voertuig waarin die mense gery van die pad gegaan en toe ’n versperring getref het.
Volgens haar is ’n man en vrou op die toneel dood verklaar. Hulle is later geidentifiseer as Lebogang Molete en Mapule Monyake.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




