NewsNews

AfriForum-buurtwag neem deel aan patrollie

Die AfriForum-buurtwag in Potchefstroom het Vrydag 6 April in samewerking met verskeie ander veiligheidsinstansies, aan ’n nasionale patrollie deelgeneem. Die doel van die patrollie was om bewusmaking te bevorder en misdaad in Potchefstroom te bekamp. Tydens dié patrollie het 268 patrolleerders vanuit verskillende veiligheidsinstellings deelgeneem en is daar altesaam 6 171 km afgelê. Die ander …

Die AfriForum-buurtwag in Potchefstroom het Vrydag 6 April in samewerking met verskeie ander veiligheidsinstansies, aan ’n nasionale patrollie deelgeneem.
Die doel van die patrollie was om bewusmaking te bevorder en misdaad in Potchefstroom te bekamp. Tydens dié patrollie het 268 patrolleerders vanuit verskillende veiligheidsinstellings deelgeneem en is daar altesaam 6 171 km afgelê.
Die ander instansies wat deelgeneem het, sluit in: Potch-Oos Veiligheid, Mooibank Patrolliegroep, GPF Miederpark, GPF Van Der Hoffpark, Potchefstroom Landelike Veiligheid en Potchefstroom Blokwag.
Vier sekuriteitsmaatskappye het ook deelgeneem, waaronder Mooirivier Sekuriteit, CB Security, Electro Security en Ramagoma Malapane Security Services. Die polisie en die verkeersdepartement het ook die geleentheid ondersteun deur by te staan met lede en voertuie en ER24 het nooddienste beskikbaar gestel.
“Ons sê dankie aan almal wat hul tyd opgeoffer het om misdaad so te help bekamp,” sê Jan de la Hunt, voorsitter van AfriForum se Potchefstroom-buurtwag.
Jy kan help om jou omgewing te beveilig deur by jou naaste AfriForum-buurtwag betrokke te raak: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button