NewsNews

NWU visekanselier in intensiewe sorg na hartaanval

Prof. Dan Kgwadi, die visekanselier van die Noordwes Universiteit het gisteraand op sy Facebook blad laat weet dat hy in die intensiewe sorgeenheid van Unitas Hospitaal in Pretoria opgeneem is na hy 'n hartaanval gehad het.

Prof. Dan Kgwadi, die visekanselier van die Noordwes Universiteit het gisteraand op sy Facebook blad laat weet dat hy in die intensiewe sorgeenheid van Unitas Hospitaal in Pretoria opgeneem is na hy ‘n hartaanval gehad het.

Prof. Kgwadi het ‘n lesing op Woensdag 18 April by die NWU aangebied waarna hy na sy huis is Centurion gegaan het. Hy sou Donderdagoggend na Kaapstad vlieg vir ‘n Alumni-funksie wat daar sou plaasvind.

Prof. Dan Kgwadi in die hospitaal na sy hartaanval. Foto: Facebook | Ntate Dan Kgwadi
Prof. Dan Kgwadi in die hospitaal na sy hartaanval. Foto: Facebook | Ntate Dan Kgwadi

Hy het egter nie sy vlug gemaak nie weens ‘n hartaanval en is in die intensiewe sorgeenheid van Unitas Hospitaal in Centurion opgeneem vir ‘n dringende hartprosedure. Hy sê dat hy net betyds hulp ontvang het.

“Dankie God vir die kennis en tegnologie. ‘n Veelrassige en veeltalige span wat met ‘n gemene doel gewerk het om my lewe te red, verdien ‘n kompliment. Suid-Afrika is geseën met vaardighede,” het hy op Facebook gesê.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button