
Rowers het gister (19 April) omstreeks 12:00 met semi-outomatiese wapens op ‘n geldwa in Klerksdorp losgebrand.
Volgens kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, het van die verdagtes op die geldwa geskiet terwyl die ander die wagte forseer het om die wa oop te maak. Die rowers het ‘n sak vol geld gebuit waarna hulle in ‘n wit dubbelkajuit bakkie gevlug het.
“Een van die wagte is dood op die toneel verklaar. ‘n Bystander en nog ‘n sekuriteitswag is hospitaal toe geneem nadat hulle raak geskiet is,” het Rikhotso gesê.
Volgens haar word ‘n saak van gewapende roof ondersoek. Nog niemand is in hegtenis geneem nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




