NewsNews

Plaaslike man dood in N12 ongeluk

Dit was chaos, ek het nog nooit so iets beleef nie.” So vertel ’n student oor ’n ongelukstoneel waar sy en ’n vriendin van die beseerdes gehelp het.

Dit was chaos, ek het nog nooit so iets beleef nie.” So vertel ’n student oor ’n ongelukstoneel waar sy en ’n vriendin van die beseerdes gehelp het.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, is ’n 28-jarige man in die ongeluk dood. Die ongeluk het Dinsdagmiddag omstreeks 17:00 op die N12, sowat 15km buite Potchefstroom op pad na Johannesburg gebeur.
“Polisiebeamptes het op die toneel gekom waar hulle een voertuig in die middel van die pad aangetref het,” het hy gesê.
Volgens hom blyk dit dat ’n voertuig ’n ander gesleep en die sleepstang gebreek het.
Die bestuurder van die voertuig het beheer verloor, waarna hy voor aankomende verkeer inbeweeg het.
“Dit het ’n kettingbotsing van ses voertuie veroorsaak,” het Chaka gesê.
Volgens Dané Meyer, ’n finalejaarstudent wat saam met haar vriendin een van die eerste mense op die toneel was, het hulle uitgeklim en na verskeie voertuie gehardloop.


“In een van die voertuie was ’n ma en kind wat gebloei het. Dit het gelyk of hulle ernstige snye aan hulle koppe opgedoen het,” vertel sy.
Meyer het klere uit haar voertuig gekry om die bloeding te probeer stop.
“Ons het almal probeer kalm hou,” vertel sy.
Volgens haar het sy by ’n voertuig gekom waar ’n man gelê het.
“Dinge het nie goed gelyk nie, maar iemand wat by hom was, het gesê sy voel nog ’n pols.”
Sy is terug na die ander mense, waarna sy weer terug is om te hoor hoe dit met die man gaan.
“Ek wou nog help toe sê ’n tannie vir my, nee wat, hy is hemel toe,” het Meyer gesê.
Volgens haar het drie van die ses voertuie op hulle sye gelê.
“Daar het baie mense gehelp.
Wat vir my baie sleg was, is dat daar net so baie mense gestop het om slegs videos en foto’s te neem,” het sy gesê.
Die pad was vir ’n geruime tyd gesluit.
Verkeer is na ’n grondpad herlei.
Volgens Chaka is die oorledene as Lawrence Mothibi (28) geïdentifiseer.

’n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button