NewsNews

Man dood na kop-aan-kop met trok

ʼn Man wat vermoedelik in sy 30s was, is gistermiddag (14 Mei) dood nadat sy voertuig reg van voor met ʼn trok gebots het.

ʼn Man wat vermoedelik in sy 30s was, is gistermiddag (14 Mei) dood nadat sy voertuig reg van voor met ʼn trok gebots het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het die ongeluk ongeveer 35 km buite Potchefstroom op die R54 (Vereenigingpad) plaasgevind.

“ER24-paramedici, saam met ander dienste, het op die toneel aangekom. ‘n Trok het in die linkerbaan van die pad gestaan terwyl die ander voertuig ‘n entjie ver langs die pad gevind is,” het Meiring gesê.

Die oorledene was vasgevang binne die voertuig. Hy het geen tekens van lewe getoon nie. Ongelukkig kon paramedici niks vir die man doen nie waarna hy dood op die toneel verklaar is.

Die bestuurder van die trok het geen beserings opgedoen nie.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar die polisie was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button