NewsNews

Hasie Hop gee aan PAWS

Die skenkings het onder meer warm beddegoed, pakke kos, blikkieskos, warm jassies en selfs iets te ete en te drinke vir die personeel ingesluit.

Hasie Hop Kleuterskool en hul Baba-afdeling het onlangs hul harte, hande en beursies vir die inwoners en personeel van PAWS oopgemaak. Hulle het onlangs met hul mees senior groepie ‘n besoek aan PAWS gebring. Hulle was baie beïndruk met hoe netjies die perseel is en hoe goed die diere versorg word.

Die kos, komberse en vele meer wat Hasie Hop aan Paws geskenk het.

Dit was duidelik dat die personeel werklik omgee vir die diere in hul sorg. Hul doen ook moeite om vir elke inwoner ‘n permanente huis te kry.      Die kleuters het die uitstappie baie geniet. Hulle was ook baie trots om as ambassadeurs van hul skool die skenking te oorhandig.       Dit het onder meer warm beddegoed, pakke kos, blikkieskos, warm jassies en selfs iets te ete en te drinke vir die personeel ingesluit. ‘n Kontantbedrag is ook aan die organisasie oorbetaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button