SportSport

Vrystaat knak Luiperds met twee drieë in die doodsnikke

Die Luiperds het hulle sesde agtereenvolgende nederlaag vanmiddag op die Fanie du Toit Sportgronde (Vrydag, 1 Junie) teen die Vrystaat XV met 38-26 in die Supersport Uitdaagoernooi beleef. Dit was alles behalwe ‘n maklike wen vir die Vrystaat wat hard moes swoeg om die Luiperds te klop, wat teen halftyd 20-19 voor was. Die Luiperds …

Die Luiperds het hulle sesde agtereenvolgende nederlaag vanmiddag op die Fanie du Toit Sportgronde (Vrydag, 1 Junie) teen die Vrystaat XV met 38-26 in die Supersport Uitdaagoernooi beleef.

Dit was alles behalwe ‘n maklike wen vir die Vrystaat wat hard moes swoeg om die Luiperds te klop, wat teen halftyd 20-19 voor was. Die Luiperds het moedig geveg, maar ‘n paar beslissings in Vrystaat se guns het die tuisspan belemmer. Die Vrystaat het ses drieë gedruk teen die Luiperds se twee.  Vermelding kan aan die Luiperds se voorspelers en losskakel  Schalk Hugo gegee word, wat die tuisspan in die wedstryd met sy skopskoen gehou het.

Dit het in die eerste 10 minute gelyk of die Luiperds vroeg weer die kortste ent van die tou getrek het, toe Vrystaat met twee vinnige drieë ‘n 12-0 voorsprong neem. Vrystaat se vaskopstut, Gunter Janse van Vuuren en losskakel, Ernst Stepelberg is oor, voordat haker Joseph Dweba hulle derde drie aangeteken het. Die voormalige Luiperd, Benhard Janse van Rensburg het toe teen sy vorige span ook ‘n doelskop oor die pale gesit. Om verder sout in die wonde te smeer is die Luiperds se Gideon van der Merwe met ‘n geelkaart afgestuur.

Die Luiperds het na dié stadige begin waar hulle 17-3 agter was, wakker geskrik en begin momentum optel. Die laaste 10 minute van die eerste helfte het die tuisspan gedomineer om teen rustyd verrassend met 20-19 voor te loop. Die Vrystaters kon nie glo wat voor hulle oë gebeur nie en harde woorde is halftyd gepraat. Die Luiperds se heelagter, Gene Willemse het eers met sy drie hoop gebring, voordat die ervare slot, Stairs Mhlongo ook na ‘n stormlopie oor is. Die flank, Johan Retief se breek was perfek uitgevoer en dit het Mhhlongo se taak soveel vergemaklik.

Die Luiperds se kaptein en haker, Louis van der Westhuizen was soos gewoonlik nie bang vir die kontaksituasies nie en het keer op keer klomp meters vir die Noordwesters gewen.

Die Luiperds het die eerste punte van die tweede helfte aangeteken met Schalk Hugo se strafskop om die gaping na 4 punte te vergroot.

Al het Vrystaat die meeste van die besit gehad kon hulle in die eerste 20 minute van die tweede helfte nie deurbreek nie.

‘n Gebrek aan dissipline van die Luiperds teame met die Vrystaat se deursettingsvermoe het toe uiteindelik vrugte afgewerp vir Vrystaat. Hulle plaasvervangerflank, Daniel Maartens is na ‘n goeie lopie oor om sy span weer voor te loop.

Die Luiperds het die telling met 10 minute speeltyd oor 26-26 gemaak toe Hugo sy vierde strafskop oortik.

Twee drie in die laaste vyf minute het die Luiperds geknak met kaptein, Niel Jordaan wat met sy drie die laaste sê gehad het. Eers is Zee Mkhabela na ‘n vinnige tikskoppie oor voordat Jordaan verrigtinge vir die besoekers afgesluit het.

Punte:

Luiperds: 26 (20)

Drieë: Gene Willemse, Stairs Mhlongo

Doelskoppe: Schalk Hugo (2)

Strafskoppe: Schalk Hugo (4)

Vrystaat XV: 38 (19)

Drieë: , Gunter Janse van Vuuren, Ernst Stapelberg, Joseph Dweba, Daniel Maartens,   Zee Mkhabela, Niel Jordaan

Doelskoppe: Ernst Stapelberg, Benhard Janse van Rensburg (3)

Foto’s: Wouter Pienaar

https://www.nbcarsales.co.za/

AJR
AJR

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button