NewsNews

Kapers ontvoer slagoffers op N12 en Carletonvillepad

Twee mans is tydens twee verskillende motorkapings ontvoer.

Twee mans is tydens twee verskillende motorkapings ontvoer.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die eerste voorval op 18 Mei omstreeks 10:00 op die N12 plaasgevind.
Volgens hom was die slagoffer op pad Johannesburg toe met ’n maatskappy voertuig.
“Hy is deur ’n verdagte afgetrek wat homself as ’n polisieman voorgedoen het. Nadat hy gestop het, het twee ander verdagtes wat met vuurwapens gewapen was, die voertuig genader,” vertel Chaka.
Die drie verdagtes het die slagoffer vasgemaak en sy oë bedek. Hy is in die verdagtes se voertuig forseer, waarna hulle ’n ent met hom gery het.

“Hulle het langs die pad gestop en die tracker-toestel uitgehaal.
Die slagoffer is aangerand en van sy selfoon beroof,” het Chaka gesê.

Die verdagtes het hulle slagoffer langs die pad gelos en gevlug.
Die tweede voorval het op Vrydagmiddag 25 Mei omstreeks 12:25 op die pad tussen Potchefstroom en Carletonville plaasgevind.
Volgens Chaka het ’n voertuig die slagoffer se voertuig verbygesteek, waarna dit in die middel van die pad gestop het.
Twee verdagtes met vuurwapens het die slagoffer gedreig, waarna hulle hom in die kattebak van sy eie voertuig forseer het.
“’n Ent verder het hulle die slagoffer langs die pad gelos en gevlug,” vertel Chaka.
* Die polisie ondersoek twee sake van motorkaping. Niemand is nog in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie.
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/48488/voertuig-terug-gekry-na-kaping-op-carletonvillepad/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button