
‘n Man is vanoggend (17 Julie) omstreeks 03:00 in hegtenis geneem nadat hy op heterdaad betrap is waar hy ‘n sak by ‘n woonstel in Autolaan steel.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het hul die man op ‘n kringtelevisiestelsel wat hulle monitor gesien en dadelik reageer waarna hulle die man op die toneel betrap het.
Die man is aan die polisie oorhandig wat die saak verder sal voer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



