NewsNews

Fietsryer dood op N12

'n Fietsryer is Vrydagoggen omstreeks 05:00 op die N12 naby Potchefstroom dood nadat hy deur 'n Toyota Fortuner raakgery is.

‘n Fietsryer is Vrydagoggen omstreeks 05:00 op die N12 naby Potchefstroom dood nadat hy deur ‘n Toyota Fortuner raakgery is.

Volgens woordvoerder van die polisie, a.o. Mpho Manyoba, is die polisie ontbied na die toneel waar ‘n verkeersvoertuig reeds was. Sy sê dat die Fortuner in die pad gestaan het en voor die voertuig het die liggaam van ‘n man gelê. Die bestuurder van die voertuig het vir die polisie gesê dat hy nie die fietsryer in die pad gesien het nie.

Volgens die polisie het ER24 die man op die toneel dood verklaar. ‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

Volgens Manyoba is die slagoffer nog nie deur familie geïdentifiseer nie en kan enigiemand met inligting na die Potchefstroom polisiestasie gaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button