NewsNewsBreaking News

Tiener tydens huisroof beseer

'n 17-jarige seun is vanmiddag (30 Augustus) omstreeks 12:30 tydens 'n huisroof met 'n mes gesteek.

‘n 17jarige seun is vanmiddag (30 Augustus) omstreeks 12:30 tydens ‘n huisroof  met ‘n mes gesteek. 

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het die roof in OR Tambostraat gebeur. Drie verdagtes het die 17-jarige seun en die huishulp oorval waarna hy in die arm met ‘n mes gesteek is.

Volgens die seun se ma is ‘n verskeidenheid items insluitend selfone, kontant, televisies, alle elektroniese toebehore en alle juwele uit die huis uit gesteel. 

Mooirivier Beskerming het ER24 na die toneel ontbied wat die seun hospitaal toe geneem het vir verdere behandeling. 

Kort na dié roof is nog ‘n gewapende roof in Cameliastraat in Grimbeekpark aangemeld. Die huishulp in Cameliastraat is in die slaapkamer vasgebind terwyl die rowers ‘n kluis uit die muur gebreek het.  

Die polisie is op beide tonele om verdere ondersoek in te stel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button