
Net twee ure nadat nuus oor die nuwe Aardklop toep in die media verskyn het, het die Aardklop-span ’n e-pos ontvang van iemand wat die toep se lof besing.
Volgens Delmari Van Zyl, woordvoerder van Aardklop, is feesgangers veral beïndruk met die gebruikersvriendelikheid van die toep, die feit dat hulle kaartjies deur die toep kan koop en hul eie feeskalender kan bou.
“Ons het geweet dit gaan ’n goeie toevoeging tot feesgangers se feeservaring wees, maar ons is steeds oorweldig deur die ongelooflike goeie terugvoer wat ons ontvang.”
Die toep is net een van die maniere waarop Aardklop probeer om feesgangers se feeservaring so lekker as moontlik te maak.
As jy nog nie jou Aardklop toep het nie, maak seker jy laai dit nou af. Die selfoontoep gee jou toegang tot ’n interaktiewe feesprogram en lewendige resensies van alle produksies.
Jy kan jou eie feeskalender aanmekaarslaan en laat jou ook toe om deur die feesprogram te loer, kaartjies te koop met jou kredietkaart en vertonings tot jou koopmandjie te voeg. Dit is baie eenvoudig, jy daag slegs by vertonings op en jou kaartjies word direk na die toep gestuur, as jy die kode op jou foon inskandeer.
Die toepassing staan jou ook by om uitstallers op die feesterrein te vind deur van interaktiewe navigasie en foto’s gebruik te maak.
Die Aardklop-toepassing is gratis verkrygbaar in die Apple App Store vir iPhone en ook die Google Play store indien jy `n Andriod-foon het. Tik slegs in “AARDKLOP” en laai die toepassing af. Aardklop vind van 2-7 Oktober plaas. Die ingangsfooi is slegs R30 en kinders o.12 kom gratis.
Produksiekaartjies is beskikbaar by Ticketpro.



