NewsNewsSponsored

Welvaartkongres: Aantreklike beleggingsgeleenthede bestaan ondanks onsekerheid en onbestendigheid

Almal word uitgenooi om te kom luister na nóg goeie raad deur verskeie fondsbestuurders by ons Welvaartkongres op 13 September om 17:30 by The Roots in Potchefstroom. Skakel Susan vir nadere besonderhede by 082 048 6309 of potch@jenwil.co.za

Kommer duur voort ondanks optimisme oor Suid-Afrika se ekonomie aan die begin van 2018. Desember 2017 het ‘n positiewe verandering in die leierskap van die ANC en vir Suid-Afrika oor die algemeen ingelei. Beleggers het egter te veel verwag. Eerstens sal dit tyd neem om ‘n beduidende verandering in die diensleweringsvlakke van Suid-Afrika se staatsondernemings te bewerkstellig.
Tweedens wek die strukturele hindernisse waarmee die Suid-Afrikaanse ekonomie te make het steeds kommer, veral die hoë vlakke van werkloosheid onder die jeug en swak onderwys. Derdens bestaan daar onsekerheid oor die regering se voornemens met grondonteiening. Ons is van mening dat die voorgestelde wysiging waarskynlik die Staat se magte onder die bestaande Grondwet sal opklaar, eerder as om die Staat se mag om grond te onteien, uit te brei. Dit sal nogtans moeilik wees om balans te handhaaf.
Die wêreldekonomie is ook onder druk. Alhoewel die Amerikaanse ekonomie steeds lewenskragtig is, is groei in die res van die wêreld skynbaar besig om af te neem. Dit word deur groter geopolitiese spanning vererger en plaas druk op internasionale aandelemarkte. In tye van ekonomiese onsekerheid onttrek internasionale beleggers hul geld uit ontluikende markte soos Suid-Afrika en neem hul toevlug tot beleggings in veilige toevlugsoorde in die ontwikkelde wêreld, soos VSA-staatseffekte. Indien die Amerikaanse ekonomie uiteindelik begin stagneer, kan ontluikende markte onder verdere druk kom. Groter onbestendigheid skep geleenthede vir slim beleggers. Een van die voordele van die stram ekonomiese toestande is groter markonbestendigheid. Dit het tot gevolg dat gehalte aandele teen minder as hul intrinsieke waarde verhandel. Die JSE bied tans verskeie beleggingsgeleenthede in goed bestuurde, plaaslike maatskappye met buitelandse blootstelling, asook maatskappye wat hul hoofkantore in die buiteland het of hul inkomste in sterk geldeenhede verdien. Sodoende word plaaslike beleggers teen ‘n swak rand beskerm.
Voorbeelde van aandele wat na ons mening waarde met ‘n groot veiligheidsmarge bied, is onder meer Old Mutual (dividendopbrengskoers van 7%) en British American Tobacco (dividendopbrengskoers van meer as 5%). Albei behoort hul winste verder te kan groei. ‘n Fokus op waardasies is belangrik vir gunstige beleggingsuitkomste oor die langtermyn. Omdat dit baie moeilik is om makro-uitkomste korrek te voorspel, fokus ons op waardasies. Dit beteken ons koop bates wat teen ‘n groot diskonto teenoor hul intrinsieke waarde verhandel. Dit stel ons in staat om ‘n reële opbrengs vir ons kliënte te verdien wanneer pryse in die toekoms styg.
Almal word uitgenooi om te kom luister na nóg goeie raad deur verskeie fondsbestuurders by ons Welvaartkongres op 13 September om 17:30 by The Roots in Potchefstroom.
Skakel Susan vir nadere besonderhede by 082 048 6309 of potch@jenwil.co.za
* Saul Miller, beleggings- en portefeuljebestuurder van Truffle Bate Bestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button