
Kry jou dagboek uit en merk 8 September vir die vertonings van die jaar.
Dit is weer tyd vir die Uurglasteater. ’n Aand vol aksie, drama en skaterlag in een. Vanjaar sal niemand anders as TV se bekende Christel van den Bergh die MC vir die aand wees. Kaartjies is te koop teen R150 per persoon. Pensioenarisse en studente betaal R75 en dit sluit ’n lekker ete in. Die vertonings wat uit vier verskillende optredes sal bestaan, word 24 uur voor die tyd geskryf, geregisseur en opgevoer. Daar word ook die aand pryse aan die beste akteur, skrywer, toneelstuk en vele meer aangebied. Die Uurglas teater word in die POK-saal op die NWU kampus aangebied. Vir nadere besonderhede kan Sarien Taylor by 072 225 2137 of sarientaylor@gmail.com gekontak word.



