NewsNews

Werknemers steel 900 hoenders van besigheid

'n Hoenderplaas by die Mooibank kleinhoewes het Sondagoggend (9 September) sowat 900 hoenders verloor nadat werknemers van die besigheid besluit het om hul vragmotor vol te laai.

‘n Hoenderplaas by die Mooibank kleinhoewes het Sondagoggend (9 September) sowat 900 hoenders verloor nadat werknemers van die besigheid besluit het om hul vragmotor vol te laai.

Volgens polisiewoordvoerder ao Mpho Manyoba het die bestuurder van die onderneming agter gekom dat van die hoenders weg is. Hy het na die beeldmateriaal van die sekuriteitskameras gaan kyk waarna hy gesien het hoe drie werknemers omstreeks 06:30 Sondagoggend ongeveer 90 kratte hoenders op ‘n vragmotor laai.

Die 900 hoenders is sowat R40 000 werd.

Die drie werknemers sou Dinsdag in hegtenis op aanklag van diefstal geneem word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button