NewsNews

Moordverdagte wag vir bed by psigiatriese hospitaal

Die moordsaak van ’n man wat daarvan aangekla word dat hy twee bejaardes in Louwstraat vermoor het, is op Maandag (12 November) na 10 Desember uitgestel, sodat die beskuldigde ‘n bed in die Sterkfontein psigiatriese hospitaal kan bekom.

Die moordsaak van ’n man wat daarvan aangekla word dat hy twee bejaardes in Louwstraat vermoor het, is op Maandag (12 November) na 10 Desember uitgestel, sodat die beskuldigde ‘n bed in die Sterkfontein psigiatriese hospitaal kan bekom.
Die beskuldigde, Pfunzo Netshiangolwe kan glo niks van die voorval waarvan hy aangekla word, onthou nie.
Hy is kort ná die aanval in die vroeë oggendure in hegtenis geneem danksy die flink optrede van buurtwaggroepe en sekerheidsmaatskappye.

Phunzo Netshiangolwe, staan tereg op n aanklag van moord.foto Mario van de Wall

Die egpaar se gesteelde bakkie is opgemerk nadat dit aan die buitewyke van die stad gerol, op die bande te lande gekom en die bestuurder toe verder gery het. Die bestuurder van die bakkie was kort daarna weer in ’n botsing betrokke, maar hierdie keer was buurtwaglede en veiligheidsgroepe kort op die verdagte se hakke.
Die polisie het Netshiangolwe kort daarna op die toneel in hegtenis geneem.
Boeta Smith en sy vrou Lily is verlede jaar in Desember by hulle huis in Louwstraat met, wat blyk om ’n staalstaaf te wees, aangeval.
Boeta is op die toneel dood. Lily was sedert die aanval in ’n koma, maar is maande later ook dood. Netshiangolwe word van moord, poging tot moord, rooftog, verswarende omstandigede en roekelose en nalatige bestuur aangekla.
Hy is vroeër vanjaar borgtog geweier en is steeds in aanhouding.

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/41827/een-dood-na-louwstraat-aanval/

 

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/42151/gru-moord-op-bejaarde-skok-gemeenskap/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/42160/geen-borg-nou-vir-louwstraat-moordverdagte/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/43614/ma-steeds-koma-na-louwstraat-aanval/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/43923/ma-sterf-twee-maande-n-aanval/

 

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/42897/louwstraat-moordverdagte-steeds-aanhouding/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button