NewsNews

Diewe vas na maatskappy hulle naspoor

Vier mans is Vrydagaand 16 November omstreeks 21:00 in hegtenis geneem nadat hulle met ’n gesteelde kragopwekker betrap is.

Vier mans is Vrydagaand 16 November omstreeks 21:00 in hegtenis geneem nadat hulle met ’n gesteelde kragopwekker betrap is.

Specialised Investigation Unit (S.I.U.), ’n maatskappy in Potchefstroom wat spesialiseer in onder meer die opsporing en terugbesorging van gesteelde goedere, het deur middel van ’n opsporingstoestel ’n gesteelde kragopwekker gemonitor en uiteindelik die diewe vasgetrek.
Lede van S.I.U het die misdadigers 15 tot 20km buite Potchefstroom op die Carletonville-pad voorgekeer.
Die gesteelde kragopwekker was agter op die bakkie. Ben Calitz van S.I.U. en sy personeel het die vier insittendes vasgetrek, geboei en die polisie ontbied. Hulle is op ‘n klag van diefstal in hegtenis geneem.

https://www.nbcarsales.co.za/
https://www.nbcarsales.co.za/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button