NewsNews

“Bekeerde” misdadiger vas oor “verhouding” met tiener

’n 56-jarige man van Ventersdorp is in Oktober in hegtenis geneem nadat ’n verhouding tussen hom en ’n tienermeisie (13) aan die lig gekom het.

’n 56-jarige man van Ventersdorp is in Oktober in hegtenis geneem nadat ’n verhouding tussen hom en ’n tienermeisie (13) aan die lig gekom het.
Volgens kol. Adele Myburgh, provinsiale polisiewoordvoerder, word die man van verkragting aangekla. Volgens haar het die beweerde verkragting oor die tydperk 1 Junie tot 1 Oktober 2018 plaasgevind.
Die tienermeisie se sussie het glo op kaalfoto’s van die man op haar selfoon afgekom. Uit die WhatsApp-boodskappe blyk dit dat daar ’n verhouding tussen die twee ontstaan het.
Die man was voorheen in die gevangenis nadat hy op aanklag van poging tot moord, gewapende roof en verskeie sake van bedrog skuldig bevind is.
Nadat hy uit die gevangenis gekom het, het hy is glo bekeer, waarna hy ‘n sentrum wat getraumatiseerde kinders help, oopgemaak het.
Hy het op 13 November op aanklag van verkragting in die hof op Ventersdorp verskyn.
Hy is op borgtog van R5 000 en streng voorwaardes vrygelaat.
Die saak is tot 27 Januarie uitgestel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button