
’n Man is Saterdagaand omstreeks 20:45 in ’n ongeluk in Peter Mokabastraat dood.
Volgens ao. Mpho Manyoba was paramedici reeds op die toneel toe die polisie arriveer. Die man het in die straat gelê en ’n bromponie het naby aan hom gelê.
Hy is op die toneel dood verklaar. Daar was geen ander voertuie op die toneel nie. Volgens Manyoba is die oorledene se identiteit nog nie bekendgemaak nie.
Manyoba vra dat enigiemand wat inligting oor die ongeluk het, of gesien het wat gebeur het, die polisie moet skakel by (018) 299 7476.
Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



