NewsNews

Polisie vind dwelms, vermoedelik gesteelde goedere by huis in Spruitstraat

Die Potchefstroom-polisie het Vrydag 30 November dwelms met ’n geskatte waarde van R500 000, asook verskeie vermoedelik gesteelde goedere by ’n huis in Spruitstraat gevind.

Die Potchefstroom-polisie het Vrydag 30 November dwelms met ’n geskatte waarde van R500 000, asook verskeie vermoedelik gesteelde goedere by ’n huis in Spruitstraat gevind.

Volgens polisiewoordvoerder ao. Mpho Manyoba, was dit tydens ’n operasie deur die misdaadintelligensie- en die misdaadvoorkomingseenheid.

Die polisie het volgens Manyoba omstreeks 09:00 Vrydagoggend na die huis gegaan waar daar vier mans was. Twee van die mans was besig om geld te tel.

Sowat R500 000 se dwelms was in die plafon weggesteek. Foto’s: Verskaf
Sowat R500 000 se dwelms was in die plafon weggesteek. Foto’s: Verskaf

Die polisie het die mans vir hul identifikasie gevra en twee van hulle het dit voorsien. Daarna het die polisie gevra om die huis te deursoek.

Manyoba sê dat hulle niks in die hoofhuis kon kry nie, maar het ’n leer in die buitekamer se toilet gesien.
Hulle het by die leer opgeklim in die plafon ’n groot hoeveelheid dwelms en elektroniese toestelle gevind.

Volgens Manyoba het die dwelms onder meer Cat, Crystal Meth en ander harde dwelms ter waarde van sowat R500 000 ingesluit.

Die polisie het ook kontant gekry.
Die polisie het ook kontant gekry.

Verder was daar ook twee televisies, twee iPad-tablette, 16 selfone, twee skootrekenaars, een GPS, juweliersware, horlosies en kontant in die plafon weggesteek.

Die eienaar van die huis, ’n Nigeriese man, is op aanklag van die besit en verkoop van dwelms, sowel as die besit van vermoedelik gesteelde goedere in hegtenis geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button