NewsNews

Jong man sterf na ernstige motorfietsongeluk

Die jong man wat gister (13 Februarie) in 'n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem is, nadat hy in 'n ernstige motorfietsongeluk betrokke was, is vanoggend (14 Februarie) oorlede.

Die jong man wat gister (13 Februarie) in ‘n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem is, nadat hy in ‘n ernstige motorfietsongeluk betrokke was, is vanoggend (14 Februarie) oorlede.

Boodskappe van medelye het op Facebook vir Derick van Zyl (28) ingestroom.

“Jou hart was so goed en jou lewe se legkaarte het begin vorm neem,” het Bernice van Wyk op sy Facebookprofiel gesê.

Volgens Suzelle Myburgh, wat saam met Derick op universiteit was, was hy ‘n dierbare mens.

“Hy het altyd ‘n glimlag op sy gesig gehad en hy was die tipe persoon wat geluk daarin gevind het om mense om hom gelukkig te sien. Hy los ‘n groot leemte. My hart is so seer,” het Myburgh gesê.

Volgens Jacques Prinsloo was Derick soos ‘n broer vir hom. Hy was nog te ontsteld om oor sy vriend se dood te praat.

“Hy was ‘n yster,” het hy kortliks gesê.

“Rus sag my seun ek gaan jou baie mis. Jy was altyd saam my. Waar ma gegaan het, was jy daar. Vanaand is jy na jou Hemelse pa ek weet jou hart het jy vir Hom gegee. Ek gaan jou baie mis jou kamer is nou leeg. Eks baie lief vir jou,” het sy ma Erica op haar Facebookprofiel oor haar seun se dood gesê.

FOTO: Dané du Plooy

Volgens Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het paramedici omstreeks 17:15 op die toneel gekom.

“Paramedici het die man ondersoek waarna bevind is dat hy nie asemhaal nie,” het Cambell gesê.

Paramedici het daarin geslaag om hom weer te laat asemhaal voor hy na Potchefstroom hospitaal geneem is vir verdere behandeling waarna hy in die vroeëoggendure oorlede is.

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/57953/motorfietsryer-kritiek-na-ongeluk-2/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button