NewsNews

Motorfietsryer kritiek na ongeluk

ʼn Jong man is in ʼn kritieke toestand gistermiddag (13 Februarie) hospitaal toe geneem nadat sy motorfiets met ʼn ander voertuig op die hoek van Govan Mbeki-rylaan en Mareestraat gebots het.

ʼn Jong man is in ʼn kritieke toestand gistermiddag (13 Februarie) hospitaal toe geneem nadat sy motorfiets met ʼn ander voertuig op die hoek van Govan Mbeki-rylaan en Mareestraat gebots het.

Volgens Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het paramedici omstreeks 17:15 op die toneel gekom.

“Paramedici het die man ondersoek waarna bevind is dat hy nie asemhaal nie,” het Cambell gesê.

Gelukkig kon paramedici daarin slaag om hom weer te laat asemhaal voor hy na Potchefstroom hospitaal geneem is vir verdere behandeling. Die bestuurder van die ander voertuig is ongedeerd, maar ʼn 9-jarige seun wat in die agterste sitplek was, het klein beserings opgedoen. Hy is op die toneel vir klein snywonde behandel waarna hy na Mediclinic Potchefstroom geneem is vir verdere behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend maar beide die polisie en plaaslike verkeersbeamptes was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.

FOTO: ER24

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button