
Die Potchefstroomkapmus van die NWU is baie opgewonde oor die landbou-voetspoor wat nou groot word. Weens ‘n reuse behoefte in tersiêre opleiding in die landbouwetenskappe, het die NWU van Januarie af hulle landbouprogramme ook na die Potchefstroomkampus uitgebrei.
Twee B.Sc. (Agric) hoë kwaliteit programme word aangebied:
•Landbou-ekonomie en Agronomie en Agronomie en Grondkunde.
Die programme fokus baie sterk op presisieboerdery en soos met die afgelope drie kongresse, bied die Skool vir Landbouwetenskappe aan die NWU weer vanjaar ‘n unieke kongres op die Potchefstroomkampus oor “volhoubare presisieboerdery” aan.
Die kongresse is elke keer ‘n besondere geleentheid waar boere, landboubesighede, akademici en studente bymekaar kom om die nuutste ontwikkelings in presisieboerdery te bespreek. Die fokus gaan veral wees op die ekonomie van ‘n presisie benadering in boerdery.
Vooraanstaande deskundiges en suksesvolle boere gaan gebruik word wat hulle ervarings in die volgende gaan deel:
1. Suid-Afrika se landbouvooruitsigte – dr. Tracy Davids (BFAP);
2. Ingeligte besluitnemings vir winsgewendheid in ‘n vernuwende landbou omgewing – Dewald Bothma van Anievaal Boerdery;
3. Vernuwing in presisieboerdery – Boet van Tonder van Proagrica;
4. Presisie meganisasiebeplanning – Ben Greyling;
5. Die ekonomie van presisieboerdery – dr. Johnny van der Merwe (NWU);
6. Volhoubare presisieboerdery in praktyk: graan en veeproduksie – Pierre Vercueil (Pierre Vercueil Boerdery);
7. Naturaly precise: the case for ecological precision farming – Wiam Haddat van ZZ2;
8. Wanneer die olifant die brug oorsteek – Vincent Sequeira, Greenway Farms;
9. Die gebruik van klimaatsgegewens om produksierisiko te bepaal, Johan van den Berg, Santam.
Uitstallings van maatskappye van presisietoerusting en sagteware en demonstrasies van presisie-implemente en apparate sal ook te sien wees. Tyd word gelaat om die uitstallings te besoek. Die kongres word afgesluit met ‘n braai.
Datum: 4 April, Sinodesaal, Molenstraat. Kontak: Carina van der Merwe, (018) 299 2486 vir registrasie of Huib van Hamburg, (018) 299 4376 of besoek die webblad van die NWU, https://natural-sciences.nwu.ac.za/precision-congress




