NewsNewsSponsored

Jaarlikse aftrede-kongres om die draai

Jenwil Blouster bied op 11 April om 17:30 met trots hul vierde gratis aftrede-kongres in Potchefstroom aan.

Jenwil Blouster bied op 11 April om 17:30 met trots hul vierde gratis aftrede-kongres in Potchefstroom aan.

Die afgelope drie jaar het meer as 150 mense reeds waardevolle inligting rondom die finansiële, sielkundige en fisiese aspekte van hul aftrede ontvang. In die VSA is die raming dat daar 10 000 mense per dag oor die volgende paar dekades gaan aftree en slegs die helfte van die mense kan dit bekostig. Die uitdagings in SA is verseker groter.

Vir die afgelope vyf jaar beweeg die JSE sywaarts met geen of min groei in aftree- kapitaal. Verskeie besighede vra werkers om met vroeë pensioen te gaan omdat hul finansiële prestasie onder druk kom. Daar is ook ernstige inflasiedruk op items soos elektrisiteit, mediese onkostes en kos waarsonder ons nie na aftrede kan klaarkom nie. Dit alles terwyl mense langer leef en vir langer tydperke versorging nodig het. Sonder die nodige beplanning kan hierdie faktore jou maklik in ‘n aftrede krisis dompel.

Dit is om hierdie rede dat Jenwil Blouster besluit het om weer saam met ander instansies (Butler Prokureurs, Dienssentrum vir Bejaardes, Sanlam Investment Managers, Sanlam Private Wealth, Coronation en Obisidan fondsbestuurders, asook Glacier Beleggingsplatform) die kongres in Potchefstroom aan te bied. Die kongres word in samewerking met Engel & Völkers se afskop van die de Land Sorgsentrum aangebied. Die doel van die kongres is om inligting deur te gee sodat die persone wat dit bywoon, ingeligte besluite kan neem en hulself beter op aftrede kan voorberei.

Buiten onderwerpe soos finansiële beplanning voor-, met en na aftrede, testamente en boedelbeplanning, liggaamlike gesondheid, geestelike gesondheid en beleggingskeuses voor- en by aftrede, word daar ook aandag gegee aan wat om te maak as ek aan die GEPF behoort.

Hoewel die geleentheid gratis is, is bespreking voor of op 5 April noodsaaklik.
Stuur ‘n e-pos na potch@jenwil.co.za of skakel Susan by 082 048 6309.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button