NewsNews

Neem dié hondekinders gratis by PAWS aan

Enigeen wat sy hart vir een van die honde wil oopmaak, kan PAWS gaan besoek en 'n hond gratis aanneem.

Daar is tans steeds 22 Purrpaws honde by PAWS (Potchefstroom Animal Welfare Society) wat nog nie aangeneem is nie.

PAWS personeel en vrywilligers het op 30 Januarie na die PurrPaws diereskuiling in die Vaaldriehoek gegaan en sowat 50 troeteldiere teruggebring Potchefstroom toe, nadat dié skuiling afgebrand het.

Baie troeteldiere is tydens die brand dood, maar PAWS het hul harte en hokke oopgemaak vir die wat gered kon word. Daar is egter steeds 22 van die honde by PAWS, en die hokke is oorvol. Die honde kan aangeneem word teen geen koste nie.

Volgens Cecilia Marais van PAWS, is die honde almal reeds gesteriliseer en word hulle aannemings geborg.
Enigeen wat sy hart vir een van die honde wil oopmaak, kan PAWS gaan besoek en ‘n hond gratis aanneem.

Hier is van die honde wat gratis aangeneem kan word:

Besoek PAWS by Viljoenstraat 2 of skakel hulle by 071 681 9264 of (018) 294 3856.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button