‘n 62-jarige man is dood en twee mense is kritiek na ‘n botsing wat gisteraand (22 April) op die N12 plaasgevind het.
“Paramedici was ongeveer 20:20 op die toneel. ‘n 57-jarige man en 60-jarige vrou moes deur die brandweer uit hulle voertuig uitgesny word. Albei is in ‘n kritieke toestand per helikopter na ‘n privaat hospitaal in Lenasia geneem. Ongelukkig was daar niks wat vir die 62-jarige man gedoen kon word nie. Hy dood is op die toneel verklaar,” het Ross Campbell, ER24 woordvoerder in ‘n verklaring gesê
Volgens hom is drie ander mense ook tydens die ongeluk beseer.
Die drie ander pasiënte is behandel waarna hulle deur ander ambulansdienste na die Potchefstroom hospitaal geneem is.
Die polisie en plaaslike verkeersdienste was byderhand om verdere ondersoek in te stel.



