NewsNews

Rower steek student met mes op Puk-kampus

’n Damestudent is Sondagmiddag (19 Mei) omstreeks 17:30 op die NWU se Potchefstroomkampus met ’n mes gesteek nadat sy geweier het om haar selfoon vir 'n rower te gee.

’n Damestudent is Sondagmiddag (19 Mei) omstreeks 17:30 op die NWU se Potchefstroomkampus met ’n mes gesteek nadat sy geweier het om haar selfoon vir ‘n rower te gee.

Volgens die student se ma het sy en haar vriendin buite gebou E3 (een van die Ekonomiese Wetenskapgeboue) gesit en roomys eet toe ’n man na hulle toe kom. Die man het vir aanwysings gevra en daarna hul selfone geëis.

Toe die studente weier, het hy die een met ‘n mes in haar arm gesteek voor hy haar selfoon gegryp en gevlug het.

Louis Jacobs, NWU woordvoerder sê kampus-Beskermingsdienste is besig met ‘n ondersoek om vas te stel hoe die man toegang tot die kampus gekry het. Die polisie ondersoek ‘n saak van roof met ‘n mes.

*Lees die volledige artikel in verlede week (23 Mei) se Potchefstroom Herald.

 

Regstelling:

In die koerantartikel lees die tweede sin in die tweede kolom so:

“Dedekind se ma sê haar dogter het ’n diep steekwond van sowat 10cm bo haar regterpols opgedoen.”

Die sin moet eerder lees:

“Dedekind se ma sê haar dogter het ’n diep steekwond sowat 10cm bo haar regterpols opgedoen.”

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button