NewsNews

Man met messe gedreig en beroof

‘n Man is Sondagoggend (4 Augustus) omstreeks 05:00 in Nelson Mandelaweg met messe gedreig en beroof.

‘n Man is Sondagoggend (4 Augustus) omstreeks 05:00 in Nelson Mandelaweg met messe gedreig en beroof.

Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die man alleen in die straat geloop toe twee vroue en twee mans na hom toe gekom het. Volgens die slagoffer het hy die groep mense probeer vermy omdat hulle volgens hom onder die invloed van alkohol was.

Skielik het beide die mans elk ‘n mes uitgehaal en hom daarmee gedreig. Die mans het sy sakke deursoek, sy selfoon en R400 kontant gevat en gevlug.

Nog niemand is in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ‘n saak van gewapende roof.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button