NewsNews

Man dood in brandende kar

‘n Man is Saterdagaand (10 Augustus) omstreeks 19:30 dood in sy kar by sy huis in Chris Hanistraat aangetref.

‘n Man is Saterdagaand (10 Augustus) omstreeks 19:30 dood in sy kar by sy huis in Chris Hanistraat aangetref.
Volgens Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, is ’n geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur om die presiese oorsaak van die man se dood te bepaal.
Volgens haar het die polisie die man in die brandende voertuig op die perseel aangetref. Hy is op die toneel dood verklaar.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het die bure dié sekuriteitsmaatskappy ontbied nadat hulle die brand gesien het. Die brandweer is ook ontbied en het die brand geblus.
Volgens Manyoba vorm die presiese omstandighede rondom die man se dood deel van die polisie se ondersoek en kan daarom nog nie bekend gemaak word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button